black blue and yellow textile

President Reitz Kamerwonings

"Francis William Reitz, Jr. (Swellendam, 5 October 1844 – Cape Town, 27 March 1934) was a South African lawyer, politician, statesman, publicist and poet, member of parliament of the Cape Colony, Chief Justice and fifth State President of the Orange Free State, State Secretary of the South African Republic at the time of the Second Boer War, and the first president of the Senate of the Union of South Africa." Bron-wikipedia

n Trotse Erfenis Wat Voortleef

Ons geskiedenis begin in 1947 toe ons as ’n manskoshuis op die kampus van die Universiteit van die Oranje-Vrystaat geopen het in die bungalows. Hier het die legende van Reitz ontstaan – een van die oudste en mees vooraanstaande koshuise op die kampus, wat in 2008 gesluit is. Uit hierdie sluiting het Heimat Männerheim gebore – ’n nuwe tuiste vir die unieke kultuur, samehorigheid en tradisies van Reitz.

Ons Reis na ’n Nuwe Tuiste:

  • Gestig deur veertig "Bittereinders" wat wou sorg dat die Reitz-gedagte voortleef.

  • Ons het aanvanklik ’n tuiste gevind in die leë Hoërskool Dr. Böhmer-koshuis, waar ons weer as ’n volwaardige koshuis met ’n sentrale eetsaal kon funksioneer.

  • In 2016 het ons intrek geneem in ’n doelgeboude koshuis, wat spesifiek rondom die geliefde "Bungalow"-konsep ontwerp is.

  • In 2022 het ons ons huidige tuiste betrek by 54 Brendarweg, Quaggafontein, Bloemfontein, en heropen as RKW Manskoshuis, waar ons ook koshuisgeriewe bied aan studente van die Landbou Kollege van die Vrystaat (LBKV).

Ons Erfenis Handhaaf:
Alhoewel die naam verander het, leef die siel van Reitz voort in RKW. Ons handhaaf gesonde tradisies, stal ons waardevolle memorabilia ten toon en leef steeds uit na ons leuse: Unitas in Variis - Eenheid in Verskeidenheid.

Tans bied ons aan 60 manskappe ’n tuiste waar hulle kan floreer en voluit student kan wees, terwyl hulle deel is van ’n trotse gemeenskap wat op alle gebiede presteer.

Word Deel van Ons Geskiedenis
As jy deel wil word van ’n koshuis met hart en siel, voltooi gerus jou aansoek hier.

Die Nasionale Unie vir Oud-Reitzmanne (NUOR)

DOELSTELLINGS UIT GRONDWET

(Robbie Dennis)

  • Die saamhorigheids- en eenheidsgevoel onder oud-inwoners en huidige inwoners van die koshuis te bevorder.

  • Die belange van oud-inwoners as sodanig onderling te bevorder.

  • Behulpsaam te wees met die beskerming en uitbouing van die belange van die koshuis en huidige inwoners deur aanwending van die korrekte gesprekskanale, sonder om in te meng in die koshuis se bestuur en verhouding met die Universiteit van die Oranje-Vrystaat (hierna “die UV” genoem).

  • Beurse aan inwoners en voornemende inwoners van die koshuise beskikbaar te stel.

  • Finansiële bystand te verleen ten aansien van bewese behoeftes van die koshuis, soos byvoorbeeld rugby-toere, opgradering van fasiliteite, aankoop van sportbenodighede, ens.

  • 'n Fonds te stig ter bereiking van hierdie doelwitte en dit te administreer.

  • Alle oud-inwoners van die koshuis in ‘n hegte eenheid saam te snoer wat die trotse tradisies van die koshuis en die universiteit in stand te hou, bevorder, uitdra en beskerm.

  • Welwillendheid en lojaliteit teenoor die koshuis en die UOVS onder oud-inwoners te kweek, sodat oud-inwoners sal waak oor die belange van hul koshuis en alma mater.

  • Te poog om die goeie beeld van die koshuis wat deur dekades opgebou is, te bestendig en verder uit te bou.

  • Erkenning te verlenen aan huidige inwoners en oud-inwoners die buitengewone prestaties leveren.

VERBLYF

Meer as net 'n tuiste. 'n plek waar gemeenskap, respek en persoonlike groei floreer. Ons bied 'n verskeidenheid ontspanningsgeriewe aan, insluitend ons Koshuis bond, tennisbaan, swembad en braaigeriewe om die perfekte studentelewe te skep.

TRADISIE

Sedert 1947 bou ons aan 'n lewende erfenis van waardes, simbole en herinneringe wat elke generasie studente verbind. Ons tradisies vorm die siel van RKW en skep 'n blywende band tussen verlede, hede en toekoms.

SPORT

By RKW neem ons volwaardig deel aan alle kampusport as 'n trotse koshuis in ons eie kenmerkende kleure. Ons bied 'n verskeidenheid sport wat 'n uitgebreide aktiewe ervaring aan ons inwoners bied. Ons is veral trots daarop om die 2025 UFS Koshuis Rugby Liga wenners te wees, 'n bewys van ons toewyding, eenheid en sportgees.

black blue and yellow textile

Koshuislied

Möwe, Du fliegst in die Heimat
(Gerhard Winkler)


Möwe, Du fliegst in die Heimat,
grüss sie recht herzlich von mir.
All meine guten Gedanken
ziehen nach Hause mit dir.
Bist du im Dunkel entschwunden,
folgt dir voll Sehnsucht mein Blick.
einmal nach stürmischen Tagen
kehre ich wieder zurück.
Möwe, du fliegst in die Heimat,
grüß mir mein heimliches Glück!

Tag für Tag, Nacht für Nacht,
fährt ein einsames Schiff übers Meer.
Niemand schläft, jeder wacht,
denn das Herz, das ist allen so schwer.

Möwe; du fliegst in die Heimat,
grüss sie recht herzlich von mir.
All meine guten Gedanken
ziehen nach Hause mit dir.
Bist du im Dunkel entschwunden,
folgt dir voll Sehnsucht mein Blick.
Einmal nach stürmischen Tagen
kehre ich wieder zurück.

Möwe, du fliegst in die Heimat,
grüß mir mein heimliches Glück.

grüss mir mein heimliches Glück.